Image

an afrikaans poem

Little Prince

 

daardie dag toe ek hom gesien

mik het vir die hek was die stad

wyd oop soos kake en sy klein

liggaam ‘n kwesbare bokkie oor

die rugbyveld onder die bome deur

 

en vir ‘n oomblik was alles net stil.

‘n spartelende swart voëltjie wat

rigting verloor het in die baai se wind

en dalk nooit weer sou terugdraai

om by my op die trap te kom sit

 

ek wou hom leer wat die wêreld is,

ek is mos nie sy ma nie; sy god nie

maar toe hy hek toe waai wou ek net keer

dat die strate hom vang; sy veiligheid skielik

‘n verlammende begeerte in my bors

terwyl ek magteloos gewag het