Image

posbus

Posbus

 

sy skryf briewe en seël die koevert

met donker rooi warm was

en in die was maak sy afdrukke

van haar mond haar brand haar

harde kont, die regterduim, haar nipple

 

sy vryf parfuum op, die koevert teen haar nek

en soen die brief voor sy ‘n adres opskryf

wat sy nou al uit haar kop kan sê.

 

Só connect sy met daai brief

 

soos ek en jy connect het, ‘n merry teenage camp

onthou jy, love at first fondle, ‘n real deal

ek’s mos meant for you

 

sy dink eers die brief het verlore geraak in die pos

totdat sy, soos ek, besef het daar was no reply

en haar hourly trips posbus toe was ‘n

moerse mors van tyd