Image

poetry

It’s so hard for me putting my poetry out there. I have no issues with putting my art out there, but poetry! I fear those eyes on my words: so clumsy they are and so raw.

Here is one of my poems in Afrikaans, I’ll slowly put them out there.

Foto
vir Armanda

Venus, jou mooi-dy, jou kurwe-vallei
rooigrond vrugte juwele van jou wande
openblou blouer die blouste mooi berge

ons staan hier op die hoogste kop
(ek en Armanda, net 10 jaar oud,
die kamera swaar in haar hand)

ma poseer verloor haar klere
lense maak oop en die berge blaf
sonmantels dek die ma-lyf se lyne

sy praat met skedelbok
sweef jy nog hier rond?
sy lê op die klippe en proe aan die water
sy loop in die aarde en sluk baie son

Luister! kind van net net 10
hoor die damwal se Druising!
Godswater oor Akker-krag
die Bokke, Bojane, die Bosbok
die Spekboom, die Loeries!

en luister vir Sarah se mooi-dy, kurwe vallei
hoor haar stiltekrag dreunend agter mure
klanke van vrou verdwyn in skakerings
soos haar wye liggaam strek oor duisende myle