Image

lil-lets

Lil-lets
(Maiden, Mother, Crone)

soms is ‘n volmaan
‘n bitter pil om te sluk
rooilip-morestond lil-lets
as die winde plukpluk
en hormone waai soos blare

angstige vrugte raak sag
my liggaam, my vieslike
velligheid wat soek en leegloop
en uitloop, eventually, soos
fokken Days of our Lives
like sand through the hourglass